Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 6:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘As ’n man of ’n vrou ’n buitengewone eed aflê, die eed van ’n Nazir, om hulself aan יהוה toe te wy,

3. moet hy hom van wyn en sterk drank weerhou; wynasyn en asyn van sterk drank mag hy nie drink nie. Hy mag ook geen druiwesap drink nie en geen vars of gedroogde druiwe eet nie.Rig 13:7

4. Al die dae van sy afsonderingskap mag hy niks eet van enige iets wat van die wynstok gemaak is nie, van die pitte tot die doppe.

5. Al die dae van die eed van sy afsonderingskap mag geen skeermes oor sy kop gaan nie. Totdat die dae om is, waarvoor hy hom aan יהוה toewy, moet hy afgesonderd wees; hy moet die haarlokke van sy kop laat groei.

6. Al die dae dat hy hom aan יהוה toegewy het, mag hy nie naby ’n dooie kom nie.

Lees volledige hoofstuk Numeri 6