Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 35:7-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Al die stede wat julle aan die Leviete gee, moet agt en veertig stede wees, hulle saam met hulle oop grond.

8. Die stede wat julle gee sal uit die besitting van die seuns van Yisra’el kom. Vanaf die groter stamme sal julle baie gee en van die kleiner, min. Elkeen sal sommige van sy stede aan die Leviete gee, volgens die erfenis wat elkeen kry.”

9. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

10. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Wanneer julle deur die Yarden in die land Kena’an ingaan,

11. moet julle stede aanstel as stede van beskerming sodat die een wat manslag begaan en ’n mens nie met opset doodgeslaan het nie, daarheen kan vlug.

12. Die stede moet vir julle as beskerming dien teen die familiewreker sodat hy wat manslag begaan het, nie sterf voordat hy voor die vergadering gestaan het vir oordeel nie.

13. Uit die stede wat julle gee, moet ses as stede van beskerming dien.

14. Drie van die stede moet julle aan dié kant van die Yarden gee en drie moet julle in die land Kena’an gee, wat stede van beskerming sal wees.

15. Hierdie ses stede sal vir die seuns van Yisra’el, die vreemdeling en die besoeker onder hulle, as stede van beskerming dien sodat elkeen daarheen kan vlug wat per ongeluk ’n mens doodgeslaan het,

16. maar as hy hom slaan met ’n ystervoorwerp sodat hy sterf, dan is hy ’n moordenaar; die moordenaar moet tereggestel word tot die dood.

17. As hy hom slaan met ’n klip in die hand, waardeur iemand kan sterf en hy sterf, dan is hy ’n moordenaar; die moordenaar moet tereggestel word tot die dood,

18. of as hy hom slaan met ’n houtvoorwerp in die hand, waardeur iemand kan sterf en hy sterf, dan is hy ’n moordenaar; die moordenaar moet tereggestel word tot die dood.

19. Die familiewreker van bloed moet self die moordenaar doodmaak; as hy hom teëkom, moet hy hom doodmaak.

20. As hy hom uit haat stamp of lê en wag en na hom gooi sodat hy sterf,

21. of hom uit vyandskap met sy hand slaan sodat hy sterf, dan moet hy wat geslaan het, tereggestel word tot die dood; hy is ’n moordenaar; die familiewreker van bloed moet die moordenaar doodmaak as hy hom teëkom.

22. As hy hom egter skielik, sonder vyandskap, stamp of iets na hom gooi sonder om te lê en wag,

23. of as ’n klip waardeur iemand kan sterf, op hom val sonder dat hy hom sien sodat hy sterf terwyl hy nie sy vyand was of sy skade gesoek het nie,

Lees volledige hoofstuk Numeri 35