Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 35:6-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Uit die stede wat julle vir die Leviete gee, moet julle ses stede aanstel as stede van beskerming, waarheen een wat manslag begaan het, kan vlug en daarby moet julle twee en veertig stede bysit.

7. Al die stede wat julle aan die Leviete gee, moet agt en veertig stede wees, hulle saam met hulle oop grond.

8. Die stede wat julle gee sal uit die besitting van die seuns van Yisra’el kom. Vanaf die groter stamme sal julle baie gee en van die kleiner, min. Elkeen sal sommige van sy stede aan die Leviete gee, volgens die erfenis wat elkeen kry.”

9. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

10. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Wanneer julle deur die Yarden in die land Kena’an ingaan,

11. moet julle stede aanstel as stede van beskerming sodat die een wat manslag begaan en ’n mens nie met opset doodgeslaan het nie, daarheen kan vlug.

12. Die stede moet vir julle as beskerming dien teen die familiewreker sodat hy wat manslag begaan het, nie sterf voordat hy voor die vergadering gestaan het vir oordeel nie.

13. Uit die stede wat julle gee, moet ses as stede van beskerming dien.

14. Drie van die stede moet julle aan dié kant van die Yarden gee en drie moet julle in die land Kena’an gee, wat stede van beskerming sal wees.

Lees volledige hoofstuk Numeri 35