Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 35:24-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. dan moet die vergadering tussen hom wat doodgeslaan het en die familiewreker van bloed, oordeel volgens hierdie wette.

25. So sal die vergadering hom wat manslag begaan het, red uit die hand van die familewreker van bloed en die vergadering moet hom laat teruggaan na die stad van beskerming waarheen hy gevlug het en hy moet daarin bly tot die dood van die hoofpriester wat met die afgesonderde olie gesalf is,

26. maar as hy wat manslag begaan het, ooit buitekant die grens van die stad van beskerming gaan waarheen hy gevlug het

27. en die familiewreker van bloed hom buitekant die grens van die stad van beskerming kry en die familiewreker van bloed die een wat manslag begaan het doodslaan, dan sal hy nie skuldig wees aan bloed nie,

28. want hy moes in die stad van beskerming gebly het tot die dood van die hoofpriester, maar ná die dood van die hoofpriester mag die een wat manslag begaan het, teruggaan na die land van sy besitting.

29. Hierdie dinge moet vir julle ’n reël van oordeel wees in julle geslagte, in al julle blyplekke.

30. Wie ook al ’n mens doodslaan, die moordenaar moet op verklaring van getuies gedood word, maar een getuie kan nie teen iemand getuig dat hy sal sterf nie.

31. Meer nog, julle mag geen loskoopgeld aanvaar vir die lewe van ’n moordenaar wat skuldig is aan dood nie, want hy moet tereggestel word tot die dood.

32. Julle mag ook geen geld aanneem om iemand vry te stel van die vlug na die stad van beskerming sodat hy kan teruggaan om in die land te woon, tot die dood van die priester nie.

33. So moet julle nie die land waarin julle bly vuil maak nie, want bloed maak die land vuil en geen toedekking kan vir die land gemaak word, vir die bloed wat daarin vergiet is nie, behalwe deur die bloed van hom wat dit vergiet het;

34. daarom, moenie die land waar julle in bly, vuil maak nie omdat Ek daarin bly, want Ek, יהוה, bly tussen die seuns van Yisra’el.’”

Lees volledige hoofstuk Numeri 35