Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 35:10-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Wanneer julle deur die Yarden in die land Kena’an ingaan,

11. moet julle stede aanstel as stede van beskerming sodat die een wat manslag begaan en ’n mens nie met opset doodgeslaan het nie, daarheen kan vlug.

12. Die stede moet vir julle as beskerming dien teen die familiewreker sodat hy wat manslag begaan het, nie sterf voordat hy voor die vergadering gestaan het vir oordeel nie.

13. Uit die stede wat julle gee, moet ses as stede van beskerming dien.

14. Drie van die stede moet julle aan dié kant van die Yarden gee en drie moet julle in die land Kena’an gee, wat stede van beskerming sal wees.

15. Hierdie ses stede sal vir die seuns van Yisra’el, die vreemdeling en die besoeker onder hulle, as stede van beskerming dien sodat elkeen daarheen kan vlug wat per ongeluk ’n mens doodgeslaan het,

16. maar as hy hom slaan met ’n ystervoorwerp sodat hy sterf, dan is hy ’n moordenaar; die moordenaar moet tereggestel word tot die dood.

17. As hy hom slaan met ’n klip in die hand, waardeur iemand kan sterf en hy sterf, dan is hy ’n moordenaar; die moordenaar moet tereggestel word tot die dood,

18. of as hy hom slaan met ’n houtvoorwerp in die hand, waardeur iemand kan sterf en hy sterf, dan is hy ’n moordenaar; die moordenaar moet tereggestel word tot die dood.

Lees volledige hoofstuk Numeri 35