Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 35:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat in die vlaktes van Mo’av, by die Yarden oorkant Yerigo en gesê:

2. “Gee bevel aan die seuns van Yisra’el dat hulle aan die Leviete, van die erfenis van hulle besitting stede gee om in te bly en julle moet ook weidingsgrond rondom die stede vir die Leviete gee.

3. Hulle sal die stede hê om in te bly en die oop grond moet vir hulle beeste en hulle vee en al hulle diere wees.

4. Die weidingsgrond van die stede wat julle vir die Leviete gee, moet van die stadsmuur af buitentoe, ’n duisend el rondom wees.

Lees volledige hoofstuk Numeri 35