Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 32:8-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Net so het julle vaders gedoen, toe ek hulle van Kadesh-Barnea af gestuur het om na die land te kyk,

9. want toe hulle tot by die Eshkolvallei opgetrek het en na die land gekyk het, het hulle die wil, verstand en emosie van die seuns van Yisra’el ontmoedig sodat hulle nie ingegaan het in die land wat יהוה aan hulle gegee het nie

10. en die woede van יהוה het die dag opgevlam en Hy het gesweer en gesê:

11. ‘Waarlik, nie een van die manne wat uit Mitzrayim opgetrek het, van twintig jaar oud en ouer, sal die land sien wat Ek aan Avraham, Yitz’gak en Ya’akov met ’n eed beloof het nie, want hulle het My nie volkome gevolg nie,

12. behalwe Kalev, die seun van Y’funneh, die K’niziet en Y’hoshua, die seun van Nun, want hulle het יהוה volkome gevolg.’

13. Die woede van יהוה het teen Yisra’el ontbrand en Hy het hulle veertig jaar lank in die wildernis laat rondswerf totdat die hele geslag, wat boos gedoen het in die oë van יהוה, vernietig is.

14. Let op, julle het opgestaan in die plek van julle vaders, ’n voortplanting van sondige mense, om by die brandende woede van יהוה teen Yisra’el by te voeg.

15. As julle wegdraai daarvan om Hom te volg, sal Hy hulle nog langer in die wildernis laat bly en julle sal al hierdie mense vernietig.”

16. Hulle het na hom toe gekom en gesê: “Ons sal hier skaapkrale bou vir ons vee en stede vir ons kinders,

Lees volledige hoofstuk Numeri 32