Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 32:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die seuns van Re’uven en die seuns van Gad het ’n baie groot aantal vee gehad en toe hulle gesien het dat die land van Ya’zer en die land Gil’ad ’n plek vir vee is,

2. het die seuns van Gad en die seuns van Re’uven gekom en met Moshe, El’azar, die priester en met die leiers van die vergadering gepraat en gesê:

3. “ `Atarot, Divon, Ya’zer, Nimrah, Heshbon, El’aleh, S’vam, N’vo en Be’on;

4. die land wat יהוה voor die vergadering van Yisra’el uit verslaan het; is ’n land vir vee en u diensknegte het vee;”

5. daarom het hulle gesê: “As ons guns in u oë gevind het, laat hierdie land aan u diensknegte as ’n besitting gegee word; moet ons nie oor die Yarden laat gaan nie.”

6. Moshe het vir die seuns van Gad en die seuns van Re’uven gesê: “Sal julle broers oorlog toe gaan terwyl júlle hier sit?

7. Waarom wil julle nou die seuns van Yisra’el ontmoedig om oor te gaan in die land wat יהוה aan hulle gegee het?

8. Net so het julle vaders gedoen, toe ek hulle van Kadesh-Barnea af gestuur het om na die land te kyk,

9. want toe hulle tot by die Eshkolvallei opgetrek het en na die land gekyk het, het hulle die wil, verstand en emosie van die seuns van Yisra’el ontmoedig sodat hulle nie ingegaan het in die land wat יהוה aan hulle gegee het nie

Lees volledige hoofstuk Numeri 32