Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 31:7-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hulle het oorlog gemaak teen Midyan, net soos יהוה Moshe beveel het en al die mans doodgemaak.

8. Hulle het ook die konings van Midyan saam met die res doodgemaak: Evi, Rekem, Tzur, Hur en Reva, die vyf konings van Midyan. Hulle het ook vir Bil’am, die seun van B’or, met die swaard doodgemaak.

9. Die seuns van Yisra’el het die vroue van Midyan en hulle kinders gevange geneem en al hulle beeste, al hulle vee en al hulle skatte geroof.

10. Toe het hulle ook al hulle stede waarin hulle gebly het en al hulle kampe met vuur verbrand

11. en al die roof en al die buit gevat, mense en diere.

12. Hulle het die gevangenes, die buit en die roof na Moshe en El’azar, die priester en na die vergadering van die seuns van Yisra’el gebring, na die kamp in die vlaktes van Mo’av, by die Yarden, oorkant Yerigo.

13. Moshe, El’azar, die priester en al die leiers van die vergadering het gegaan en hulle buitekant die kamp ontmoet

14. en Moshe was kwaad vir die offisiere van die leër, die bevelvoerders oor duisend en die bevelvoerders oor honderd, wat van die oorlog af gekom het.

15. Moshe het vir hulle gesê: “Het julle al die vroue gespaar en hulle laat lewe?Num 25:1-5 sodat daar ’n plaag was in die vergadering van יהוה.

16. Let op, hierdie vroue het, deur die raad van Bil’am, die seuns van Yisra’el teenoor יהוה laat oortree in die saak van P’or

17. Maak daarom nou almal dood wat van die manlike geslag is onder die kinders en maak elke vrou dood wat ’n man geken het deur by hom te lê,

18. maar laat vir julleself al die vroulike kinders wat nie ’n man geken het deur by hom te lê nie, lewe.

19. Slaan kamp op buitekant die kamp vir sewe dae lank; elkeen wat ’n mens doodgemaak en elkeen wat aan ’n dooie geraak het; julle moet jul op die derde dag en op die sewende dag reinig, julle en jul gevangenes.

20. Reinig ook al die klere, elke ding van leer, alles wat van bokhaar gemaak is en elke ding van hout.”

21. El’azar, die priester, het vir die soldate wat oorlog toe gegaan het, gesê: “Dit is die reëls van die wet wat יהוה Moshe beveel het:

Lees volledige hoofstuk Numeri 31