Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 31:16-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Let op, hierdie vroue het, deur die raad van Bil’am, die seuns van Yisra’el teenoor יהוה laat oortree in die saak van P’or

17. Maak daarom nou almal dood wat van die manlike geslag is onder die kinders en maak elke vrou dood wat ’n man geken het deur by hom te lê,

18. maar laat vir julleself al die vroulike kinders wat nie ’n man geken het deur by hom te lê nie, lewe.

19. Slaan kamp op buitekant die kamp vir sewe dae lank; elkeen wat ’n mens doodgemaak en elkeen wat aan ’n dooie geraak het; julle moet jul op die derde dag en op die sewende dag reinig, julle en jul gevangenes.

20. Reinig ook al die klere, elke ding van leer, alles wat van bokhaar gemaak is en elke ding van hout.”

21. El’azar, die priester, het vir die soldate wat oorlog toe gegaan het, gesê: “Dit is die reëls van die wet wat יהוה Moshe beveel het:

22. net die goud, die silwer, die koper, die yster, die tin en die lood,

23. elke ding wat deur die vuur kan gaan, moet julle deur die vuur laat gaan en dit sal rein wees; dit moet ook deur die water vir onreinheid gereinig word. Alles wat nie deur die vuur kan gaan nie, moet julle deur die water laat gaan.

24. Julle moet julle klere op die sewende dag was en rein wees; daarna mag julle in die kamp inkom.”

25. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

26. “Tel die koppe van wat as buit weggevoer is, van mense en van diere, jy en die priester, El’azar en die hoof vaders van die vergadering1 Sh’m 30:22-25

27. en verdeel die buit tussen die wat deel gehad het aan die oorlog, wat uitgegaan het in geveg én die hele vergadering.

28. Hef ’n belasting op vir יהוה van die soldate wat na die oorlog uitgegaan het; een uit elke vyf honderd van die mense, van die beeste, van die donkies en van die kleinvee.

29. Vat dit van hulle helfte en gee dit vir El’azar, die priester, as ’n offer wat opgelig word voor יהוה.

30. Uit die seuns van Yisra’el se helfte moet jy een vat uit elke vyftig; uit die mense, die beeste, die esels, die kleinvee en uit al die diere en jy moet dit aan die Leviete gee wat die dienswerk by die tabernakel van יהוה doen.”

31. Moshe en El’azar, die priester, het gedoen soos יהוה Moshe beveel het.

32. Die buit, wat oorgebly het van die roof wat die soldate gevat het, was ses honderd vyf en sewentig duisend stuks kleinvee,

33. twee en sewentig duisend beeste,

Lees volledige hoofstuk Numeri 31