Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 29:7-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Op die tiende van hierdie sewende maand moet julle ’n afgesonderde byeenkoms hou, julle moet nederig vas en julle mag géén werk doen nie.

8. Julle moet ’n brandoffer as aangename geur tot יהוה offer: een jong bul, een ram, sewe lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek

9. en hulle graanoffer van fyn meel met olie gemeng: drie-tiendes vir die bul, tweetiendes vir die ram,

10. een-tiende vir elkeen van die sewe lammers

11. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die sondoffer van toedekking en die voortdurende brandoffer en die graanoffer daarby en hulle drankoffers.Yog 7:2

12. Op die vyftiende dag van die sewende maand moet julle ’n afgesonderde byeenkoms hou; julle mag géén werk doen nie, maar julle moet sewe dae lank vir יהוה ’n fees vier.

13. Julle moet as brandoffer, ’n offer deur vuur as ’n aangename geur tot יהוה bring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek

Lees volledige hoofstuk Numeri 29