Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 29:24-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif

25. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby;

26. op die vyfde dag: nege bulle, twee ramme en veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek

27. en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif

28. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby;

29. op die sesde dag: agt bulle, twee ramme, veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek

30. en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif

31. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby

32. op die sewende dag: sewe bulle, twee ramme, veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek

33. en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif

34. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby.

35. Op die agtste dag moet julle ’n feestyd hou; julle mag géén werk doen nie.

36. Julle moet as brandoffer, ’n offer, deur vuur, as aangename geur tot יהוה offer: een bul, een ram, sewe lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek

37. en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif

38. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby.

39. Hierdie moet julle tot יהוה offer op julle vasgestelde tye, bo en behalwe julle geloftes en julle vrywillige geskenke, as julle brandoffer, julle graanoffer, drankoffer en vredesoffer.’”

40. Moshe het vir die seuns van Yisra’el alles gesê net soos יהוה Moshe beveel het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 29