Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 29:23-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. op die vierde dag: tien bulle, twee ramme, veertien lammers, in hul eerste jaar, sonder gebrek

24. en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif

25. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby;

26. op die vyfde dag: nege bulle, twee ramme en veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek

27. en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif

28. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby;

29. op die sesde dag: agt bulle, twee ramme, veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek

30. en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif

Lees volledige hoofstuk Numeri 29