21. en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif
22. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby;
23. op die vierde dag: tien bulle, twee ramme, veertien lammers, in hul eerste jaar, sonder gebrek
24. en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif
25. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby;
26. op die vyfde dag: nege bulle, twee ramme en veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek
27. en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif
28. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby;
29. op die sesde dag: agt bulle, twee ramme, veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek
30. en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif
31. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby
32. op die sewende dag: sewe bulle, twee ramme, veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek
33. en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif
34. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby.
35. Op die agtste dag moet julle ’n feestyd hou; julle mag géén werk doen nie.
36. Julle moet as brandoffer, ’n offer, deur vuur, as aangename geur tot יהוה offer: een bul, een ram, sewe lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek
37. en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif