Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 29:13-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Julle moet as brandoffer, ’n offer deur vuur as ’n aangename geur tot יהוה bring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek

14. en hulle graanoffer van fyn meel met olie gemeng: drie-tiendes vir elkeen van die dertien bulle, twee-tiendes vir elkeen van die twee ramme,

15. een-tiende vir elkeen van die veertien lammers

16. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer, die graanoffer en die drankoffer daarby;

Lees volledige hoofstuk Numeri 29