Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 29:11-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die sondoffer van toedekking en die voortdurende brandoffer en die graanoffer daarby en hulle drankoffers.Yog 7:2

12. Op die vyftiende dag van die sewende maand moet julle ’n afgesonderde byeenkoms hou; julle mag géén werk doen nie, maar julle moet sewe dae lank vir יהוה ’n fees vier.

13. Julle moet as brandoffer, ’n offer deur vuur as ’n aangename geur tot יהוה bring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek

14. en hulle graanoffer van fyn meel met olie gemeng: drie-tiendes vir elkeen van die dertien bulle, twee-tiendes vir elkeen van die twee ramme,

15. een-tiende vir elkeen van die veertien lammers

16. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer, die graanoffer en die drankoffer daarby;

17. op die tweede dag: twaalf jong bulle, twee ramme, veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek

18. en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif

19. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby;

20. op die derde dag: elf bulle, twee ramme, veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek

21. en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif

22. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby;

23. op die vierde dag: tien bulle, twee ramme, veertien lammers, in hul eerste jaar, sonder gebrek

24. en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif

25. en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby;

26. op die vyfde dag: nege bulle, twee ramme en veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek

Lees volledige hoofstuk Numeri 29