Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 29:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Lev 23 In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet daar vir julle ’n afgesonderde byeenkoms wees; julle mag géén werk doen nie; dit moet vir julle ’n dag van die blaas van die ramshoring wees.

2. Julle moet ’n brandoffer as aangename geur vir יהוה offer: een jong bul, een ram en sewe lammers in hul eerste jaar sonder gebrek.

3. Hulle graanoffer is fyn meel met olie gemeng: drie-tiendes van ’n efa vir die bul, twee-tiendes vir die ram

4. en een-tiende vir elkeen van die sewe lammers

5. en een bokram as sondoffer om vir julle toedekking te doen,

6. bo en behalwe die brandoffer en die graanoffer van die maand en die voortdurende brandoffer en sy graanoffer daarby en hulle drankoffers volgens die voorskrif, tot ’n aangename geur, ’n offer, deur vuur, aan יהוה.

7. Op die tiende van hierdie sewende maand moet julle ’n afgesonderde byeenkoms hou, julle moet nederig vas en julle mag géén werk doen nie.

8. Julle moet ’n brandoffer as aangename geur tot יהוה offer: een jong bul, een ram, sewe lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek

Lees volledige hoofstuk Numeri 29