Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 27:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die dogters van Tz’lof’gad, die seun van Hefer, die seun van Gil’ad, die seun van Makhir, die seun van M’nasheh, van die families van M’nasheh, die seun van Yosef, nadergekom; dit is die name van sy dogters: Maglah, No’ah, Hoglah, Milkah en Tirtzah

2. en hulle het gaan staan voor Moshe, voor El’azar, die priester, voor die leiers en die hele vergadering, by die ingang van die Tent van Ontmoeting en gesê:

3. “Ons vader het in die wildernis gesterf, maar hy was nie in die groep van die wat teen יהוה bymekaargekom het saam met Korag nie, maar hy het in sy eie sonde gesterf en geen seuns gehad nie.

4. Waarom moet die naam van ons vader uit sy familie verwyder word omdat hy geen seun gehad het nie? Gee vir ons ’n besitting tussen die broers van ons vader.”

5. Moshe het hulle saak voor die Teenwoordigheid van יהוה gebring.

6. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

7. “Die dogters van Tz’lof ’gad praat reg. Jy moet ’n besitting as erfenis aan hulle toewys tussen die broers van hulle vader en die erfdeel van hulle vader op hulle laat oorgaan.

8. Jy moet met die seuns van Yisra’el praat en sê: ‘As iemand sterf en geen seun het nie, moet julle sy erfdeel op sy dogter laat oorgaan

9. en as hy geen dogter het nie, moet julle sy erfdeel aan sy broers gee

10. en as hy geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan die broers van sy vader gee

Lees volledige hoofstuk Numeri 27