Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 26:41-51 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

41. Hierdie is die seuns van Binyamin, volgens hulle families; die van hulle wat getel is, was vyf en veertig duisend ses honderd (45 600).

42. Hierdie is die seuns van Dan, volgens hulle families: van Shugam, die familie van die Shugamiete. Hierdie is die families van Dan, volgens hulle families.

43. Al die families van die Shugamiete, volgens die van hulle wat getel is, was vier en sestig duisend vier honderd (64 400).

44. Die seuns van Asher, volgens hulle families: van Yimnah, die familie van die Yimnahiete; van Yishvi, die familie van die Yishviete; van B’ri’ah, die familie van die B’ri’iete;

45. van die seuns van B’ri’ah: van Hever, die familie van die Heveriete; van Malki’el, die familie van die Malki’eliete.

46. Die naam van die dogter van Asher was Serag.

47. Dit is die families van die seuns van Asher, volgens die van hulle wat getel is, drie en vyftig duisend vier honderd (53 400).

48. Die seuns van Náftali, volgens hulle families was: van Yagtze’el, die familie van die Yagtze’eliete; van Guni, die familie van die Guni’iete;

49. van Yetzer, die familie van die Yitzriete; van Shillem, die familie van die Shillemiete.

50. Hierdie is die families van Naftali, volgens hulle families; die van hulle wat getel is, was vyf en veertig duisend vier honderd (45 400).

51. Hierdie is die wat getel is van die seuns van Yisra’el: ses honderd en een duisend sewe honderd en dertig (601 730).

Lees volledige hoofstuk Numeri 26