Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 26:40-46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

40. Die seuns van Bela was: Ard en Na’aman; van Ard, die familie van die Ardiete; van Na’aman, die familie van die Na’amaniete.

41. Hierdie is die seuns van Binyamin, volgens hulle families; die van hulle wat getel is, was vyf en veertig duisend ses honderd (45 600).

42. Hierdie is die seuns van Dan, volgens hulle families: van Shugam, die familie van die Shugamiete. Hierdie is die families van Dan, volgens hulle families.

43. Al die families van die Shugamiete, volgens die van hulle wat getel is, was vier en sestig duisend vier honderd (64 400).

44. Die seuns van Asher, volgens hulle families: van Yimnah, die familie van die Yimnahiete; van Yishvi, die familie van die Yishviete; van B’ri’ah, die familie van die B’ri’iete;

45. van die seuns van B’ri’ah: van Hever, die familie van die Heveriete; van Malki’el, die familie van die Malki’eliete.

46. Die naam van die dogter van Asher was Serag.

Lees volledige hoofstuk Numeri 26