Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 26:3-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Moshe en El’azar, die priester, het met hulle gepraat in die vlaktes van Mo’av, by die Yarden, oorkant Yerigo en gesê:

4. “Tel van twintig jaar oud en ouer, soos יהוה vir Moshe beveel het.” Die seuns van Yisra’el wat uit Mitzrayim uitgetrek het, was:

5. Re’uven, die eersgeborene van Yisra’el. Die seuns van Re’uven was: van Hanokh, die familie van die Hanokhiete; van Pallu, die familie van die Pallu’iete;

6. van Hetzron, die familie van die Hetzroniete; van Karmi, die familie van die Karmiete.

7. Hierdie is die families van die Re’uveniete en die van hulle wat getel is, was drie en veertig duisend sewe honderd en dertig (43 730).

8. Die seuns van Pallu was: Eli’av;

9. die seuns van Eli’av was: N’mu’el, Datan en Aviram. Dit is dieselfde Datan en Aviram wat uit die vergadering uitgeroep was, wat gestry het teen Moshe en Aharon in die groep van Korag, om teen יהוה te stry.

Lees volledige hoofstuk Numeri 26