Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 26:28-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. Die seuns van Yosef, volgens hulle families was: M’nasheh en Efrayim.

29. Die seuns van M’nasheh was: van Makhir, die familie van die Makhiriete. Makhir was die vader van Gil’ad; van Gil’ad, die familie van die Gil’adiete.

30. Hierdie is die seuns van Gil’ad: van I’ezer, die familie van die I’ezriete; van Helek, die familie van die Helekiete.

31. Van Asri’el, die familie van die Asri’eliete; van Sh’khem, die familie van die Sh’khemiete;

32. van Sh’mida, die familie van die Sh’mida’iete; van Hefer, die familie van die Hefriete.

33. Tz’lofgad, die seun van Hefer, het geen seuns gehad nie, maar dogters. Die name van die dogters van Tz’lofgad was: Magla, No’ah, Hoglah, Milkah en Tirtzah.

34. Hierdie is die families van M’nasheh en die van hulle wat getel is, twee en vyftig duisend sewe honderd (52 700).

35. Hierdie is die seuns van Efrayim, volgens hulle families: van Shutelag, die familie van die Shutalgiete; van Bekher, die familie van die Bakhriete; van Tagan, die familie van die Taganiete.

36. Hierdie is die seuns van Shutelag: van `Eran die familie van die `Eraniete.

37. Hierdie is die families van die seuns van Efrayim, volgens die van hulle wat getel is, twee en dertig duisend vyf honderd (32 500). Hierdie is die seuns van Yosef, volgens hulle families.

38. Die seuns van Binyamin, volgens hulle families was: van Bela, die familie van die Bal’iete; van Ashbel, die familie van die Ashbeliete; van Agiram, die familie van die Agiramiete;

39. van Sh’fufam, die familie van die Shufamiete; van Hufam, die familie van die Hufamiete.

40. Die seuns van Bela was: Ard en Na’aman; van Ard, die familie van die Ardiete; van Na’aman, die familie van die Na’amaniete.

41. Hierdie is die seuns van Binyamin, volgens hulle families; die van hulle wat getel is, was vyf en veertig duisend ses honderd (45 600).

Lees volledige hoofstuk Numeri 26