Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 26:19-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Die seuns van Y’hudah was: `Er en Onan, maar `Er en Onan het gesterf in die land van Kena’an.

20. Die seuns van Y’hudah, volgens hulle families: van Shelah, die familie van die Shelaniete; van Peretz, die familie van die Partziete; van Zerag, die familie van die Zeragiete.

21. Die seuns van Peretz was: van Hetzron, die familie van die Hetzroniete; van Hamul, die familie van die Hamuliete.

22. Hierdie is die families van Y’hudah, volgens die van hulle wat getel is, ses en sewentig duisend vyf honderd (76 500).

23. Die seuns van Yissakhar, volgens hulle families was: van Tola, die familie van die Tola’iete; van Puvah, die familie van die Puniete;

24. van Yashuv, die familie van die Yashuviete; van Shimron, die familie van die Shimroniete.

25. Hierdie is die families van Yissakhar, volgens die van hulle wat getel is, vier en sestig duisend drie honderd (64 300).

Lees volledige hoofstuk Numeri 26