Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 22:27-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. Toe die donkie die Engel van יהוה sien, gaan sy onder Bil’am lê en Bil’am se woede het gebrand en hy het die donkie met sy staf geslaan.

28. יהוה het die bek van die donkie oopgemaak en sy sê vir Bil’am: “Wat het ek aan jou gedoen dat jy my nou al drie maal geslaan het?”

29. Bil’am antwoord die donkie: “Omdat jy met my gekskeer. Ek wens daar was ’n swaard in my hand, dan het ek jou teen die tyd doodgemaak.”

30. Die donkie sê vir Bil’am: “Is ek nie jou donkie waarop jy gery het vandat ek joune geword het tot vandag toe nie? Was dit ooit my gewoonte om so met jou te maak?” Hy antwoord: “Nee.”

31. Toe maak יהוה Bil’am se oë oop en hy sien die Engel van יהוה in die pad staan met Sy uitgetrekte swaard in Sy hand en hy het neergebuig en op sy gesig op die grond geval.

32. Die Engel van יהוה vra vir hom: “Hoekom het jy jou donkie hierdie drie keer geslaan? Let op, Ek het as ’n Teëstander teen jou uitgekom, want jou pad loop onaanvaarbaar voor My uit!

33. Die donkie het My gesien en hierdie drie keer voor My uitgedraai. As sy nie voor My uitgedraai het nie, sou Ek jou nou doodgemaak en haar laat lewe het.”

34. Bil’am sê vir die Engel van יהוה: “Ek het gesondig, want ek het nie geweet dat U teenoor my in die pad gestaan het nie; daarom nou, as dit onaanvaarbaar in U oë is, sal ek teruggaan.”

35. Die Engel van יהוה sê vir Bil’am: “Gaan saam met die manne, maar net die woord wat Ek vir jou sê, dit moet jy praat.” Bil’am het saam met die leiers van Balak gegaan.

36. Toe Balak hoor dat Bil’am kom, het hy uitgegaan om hom te ontmoet by die stad van Mo’av, wat in die streek van die Arnon lê, by die grens van die streek.

37. Balak sê vir Bil’am: “Het ek nie dringend na jou gestuur om jou te laat roep nie? Waarom het jy nie na my toe gekom nie? Is ek werklik nie in staat om jou te vereer nie?”

38. Bil’am het Balak geantwoord: “Let op, ek het na jou toe gekom. Is ek in staat om iets te sê? Die woord wat God in my mond sit, dit sal ek sê.”

39. Bil’am het toe saam met Balak gegaan en hulle het by Kiryat-Hutzot gekom.

40. Balak het beeste en kleinvee geoffer en daarvan aan Bil’am en aan die leiers wat by hom was, gestuur.

41. Dit was die volgende oggend dat Balak vir Bil’am gevat het en hom opgevat het na die hoë plekke van Ba’al en hy het van daar af ’n gedeelte van die volk gesien.

Lees volledige hoofstuk Numeri 22