Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 20:22-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Die seuns van Yisra’el, die hele vergadering, het van Kadesh af weggegaan en by die berg Hor gekom.

23. יהוה het met Moshe en Aharon by die berg Hor, op die grens van die land van Edom, gepraat en gesê:

24. “Aharon sal by sy mense versamel word, want hy mag nie ingaan in die land wat Ek aan die seuns van Yisra’el gegee het nie omdat julle teen My opdrag gerebelleer het by die waters van M’rivah.

25. Vat vir Aharon en sy seun El’azar en bring hulle op na die berg Hor;

26. trek Aharon se klere uit en trek dit vir sy seun El’azar aan en Aharon sal daar by sy mense versamel word en sterf.”

27. Moshe het gedoen soos יהוה beveel het: hulle het op die berg Hor opgegaan voor die oë van die hele vergadering.

Lees volledige hoofstuk Numeri 20