Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 2:26-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. Sy leër is getel as twee en sestig duisend sewe honderd (62 700).

27. Die wat langs hom kamp opslaan, moet die stam van Asher wees en Pag’i’el, die seun van `Okhran, sal leier wees oor die seuns van Asher.

28. Sy leër is getel as een en veertig duisend vyf honderd (41 500).

29. Daarna kom die stam van Naftali en Agira, die seun van `Enan, sal leier wees oor die seuns van Naftali.

30. Sy leër is getel as drie en vyftig duisend vier honderd (53 400).

31. Al die wat getel is in die kamp van Dan was honderd sewe en vyftig duisend ses honderd (157 600). Hulle moet laaste opbreek, volgens hulle baniere.”

32. Dit is die wat getel is van die seuns van Yisra’el, volgens hulle vaders se huise. Al die wat getel is van die kampe, volgens hulle leërafdelings, was ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig (603 550),

33. maar die Leviete is nie onder die seuns van Yisra’el getel nie, soos יהוה Moshe beveel het.

34. Die seuns van Yisra’el het gedoen net soos יהוה Moshe beveel het; so het hulle kamp opgeslaan volgens hulle baniere en so het hulle opgebreek, elkeen volgens sy familie, by sy vader se huis.

Lees volledige hoofstuk Numeri 2