Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 2:10-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Aan die suidekant sal die banier van die kamp van Re’uven wees volgens hulle leërafdelings en Elitzur, die seun van Sh’de’ur, sal leier wees oor die seuns van Re’uven.

11. Sy leër is getel as ses en veertig duisend vyf honderd (46 500).

12. Die wat langs hom kamp opslaan, sal die stam van Shim’on wees en Shlumi’el, die seun van Tzurishaddai, sal leier wees oor die seuns van Shim’on.

13. Sy leër is getel as nege en vyftig duisend drie honderd (59 300).

14. Daarna kom die stam van Gad en Elyasaf, die seun van Re’u’el, sal leier wees oor die seuns van Gad.

15. Sy leër is getel as vyf en veertig duisend ses honderd en vyftig (45 650).

16. Al die wat getel is in die kamp van Reu’ven was honderd een en vyftig duisend vier honderd en vyftig (151 450) volgens hulle leërafdelings. Hulle moet tweede opbreek.

17. Daarna moet die Tent van Ontmoeting opbreek: die kamp van die Leviete, in die middel van die ander kampe. Soos hulle kamp opslaan, so moet hulle opbreek, elkeen op sy plek, volgens hulle baniere.Num 3:23-38

18. Aan die westekant sal die banier van die kamp van Efrayim wees, volgens hulle leërafdelings en Elishama, die seun van `Ammihud, sal leier wees oor die seuns van Efrayim.

19. Sy leër is getel as veertig duisend vyf honderd (40 500).

20. Langs hom is die stam van M’nasheh en Gamli’el, die seun van P’dahtzur, sal leier wees oor die seuns van M’nasheh.

21. Sy leër is getel as twee en dertig duisend twee honderd (32 200).

22. Daarna kom die stam van Binyamin en Avidan, die seun van Gid’oni, sal leier wees oor die seuns van Binyamin.

23. Sy leër is getel as vyf en dertig duisend vier honderd (35 400).

24. Al die wat getel is in die kamp van Efrayim was honderd en agt duisend een honderd (108 100) volgens hulle leërafdelings. Hulle moet derde opbreek.

25. Aan die noordekant sal die banier van die kamp van Dan wees, volgens hulle leërafdelings en Agi’ezer, die seun van `Ammishaddai, sal leier wees oor die seuns van Dan.

26. Sy leër is getel as twee en sestig duisend sewe honderd (62 700).

Lees volledige hoofstuk Numeri 2