Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 19:7-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Dan moet die priester sy klere was en sy liggaam in water was en daarna mag hy in die kamp inkom. Die priester sal tot die aand toe onrein wees.

8. Ook die een wat haar verbrand het, moet sy klere in water was, sy liggaam in water was en hy sal tot die aand toe onrein wees.

9. ’n Man wat rein is moet die as van die verskalf bymekaarmaak en dit buitekant die kamp op ’n rein plek sit; dit moet vir die vergadering van die seuns van Yisra’el bewaar word vir die water wat onreinheid verwyder: dit is ’n reiniging vir hulle sonde.

10. Die een wat die as van die verskalf bymekaarmaak, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees. Dit moet vir die seuns van Yisra’el en vir die besoeker wat tussen hulle bly, ’n ewige instelling wees.

11. Die een wat ’n dooie mens aanraak, sal sewe dae lank onrein wees.

12. Hy moet homself daarvan reinig op die derde dag en op die sewende dag; dan sal hy rein wees, maar as hy hom nie op die derde dag en op die sewende dag reinig nie, sal hy nie rein wees nie.

Lees volledige hoofstuk Numeri 19