Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 19:17-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Vir die onreine moet hulle van die as van die verskalf wat verbrand is vat en saam met lopende water in ’n houer gooi.

18. ’n Rein man moet hisop vat, dit in die water doop, op die tent sprinkel, op al die goedere en op die persone wat daar was, asook op hom wat aan ’n been, of aan een wat neergeslaan is, of aan ’n dooie, of aan ’n graf geraak het.

19. Die rein persoon moet die onreine op die derde en op die sewende dag besprinkel en op die sewende dag moet hy homself rein maak, sy klere was en homself in water was en in die aand sal hy rein wees,

20. maar die persoon wat onrein is en homself nie reinig nie, dié persoon moet uitgesny word uit die vergadering, want hy het die Afgesonderde plek van יהוה onrein gemaak. Die water vir onreinheid is nie op hom gesprinkel nie, hy is onrein.

21. Dit sal ’n ewige instelling vir hulle wees. Die een wat die water vir onreinheid sprinkel, moet sy klere was en die een wat aan die water vir onreinheid raak, sal tot die aand toe onrein wees.

22. Waaraan die onreine ook al raak, sal onrein wees en die persoon wat daaraan raak, sal tot die aand toe onrein wees.

Lees volledige hoofstuk Numeri 19