Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 19:14-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Hierdie is die wet as iemand in ’n tent sterf: almal wat in die tent kom en almal wat in die tent is, sal sewe dae lank onrein wees

15. en al die oop houers wat nie met ’n deksel toegebind is nie, is onrein.

16. Wie ook al in die oop veld aan iemand raak wat deur die swaard deurboor is, of wat gesterf het, of aan die been van ’n mens, of aan ’n graf, sal sewe dae lank onrein wees.

17. Vir die onreine moet hulle van die as van die verskalf wat verbrand is vat en saam met lopende water in ’n houer gooi.

18. ’n Rein man moet hisop vat, dit in die water doop, op die tent sprinkel, op al die goedere en op die persone wat daar was, asook op hom wat aan ’n been, of aan een wat neergeslaan is, of aan ’n dooie, of aan ’n graf geraak het.

19. Die rein persoon moet die onreine op die derde en op die sewende dag besprinkel en op die sewende dag moet hy homself rein maak, sy klere was en homself in water was en in die aand sal hy rein wees,

20. maar die persoon wat onrein is en homself nie reinig nie, dié persoon moet uitgesny word uit die vergadering, want hy het die Afgesonderde plek van יהוה onrein gemaak. Die water vir onreinheid is nie op hom gesprinkel nie, hy is onrein.

Lees volledige hoofstuk Numeri 19