Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 19:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe en Aharon gepraat en gesê:

2. “Hierdie is die instelling van die wet wat יהוה beveel het deur te sê: ‘Praat met die seuns van Yisra’el dat hulle vir jou ’n vlekkelose rooi verskalf bring wat geen gebrek het nie en waarop geen juk gekom het nie.

3. Julle moet haar vir El’azar, die priester, gee en hy moet haar buitekant die kamp uitlei en dit moet voor hom geslag word.

4. El’azar, die priester, moet dan van haar bloed met sy vinger vat en van haar bloed sewe maal in die rigting van die voorkant van die Tent van Ontmoeting sprinkel.

5. Dan moet die verskalf voor sy oë verbrand word; haar vel, haar vleis, haar bloed en haar mis moet verbrand word.

6. Die priester moet sederhout, hisop en skarlaken materiaal vat en dit binne-in die brandende verskalf gooi.

7. Dan moet die priester sy klere was en sy liggaam in water was en daarna mag hy in die kamp inkom. Die priester sal tot die aand toe onrein wees.

8. Ook die een wat haar verbrand het, moet sy klere in water was, sy liggaam in water was en hy sal tot die aand toe onrein wees.

9. ’n Man wat rein is moet die as van die verskalf bymekaarmaak en dit buitekant die kamp op ’n rein plek sit; dit moet vir die vergadering van die seuns van Yisra’el bewaar word vir die water wat onreinheid verwyder: dit is ’n reiniging vir hulle sonde.

10. Die een wat die as van die verskalf bymekaarmaak, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees. Dit moet vir die seuns van Yisra’el en vir die besoeker wat tussen hulle bly, ’n ewige instelling wees.

11. Die een wat ’n dooie mens aanraak, sal sewe dae lank onrein wees.

Lees volledige hoofstuk Numeri 19