Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 18:7-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. daarom moet jy en jou seuns saam met jou, julle priesterskap waarneem met betrekking tot al die sake van die altaar en van wat binnekant die verdelingsgordyn is en julle moet dienswerk doen. Ek gee vir jou die priesterskap as ’n geskenk van diens, maar die vreemdeling wat nabykom, moet gedood word.”

8. יהוה het met Aharon gepraat: “Ek, let op, Ekself het jou die verantwoordelikheid gegee vir My offers, al die afgesonderde geskenke van die seuns van Yisra’el; Ek het dit vir jou en jou seuns gegee as ewige instelling, as ’n toegewysde deel.

9. Dit sal joune wees, vanaf die mees afgesonderde gawes, gereserveerd vanaf die vuur: al hulle offers; elke graanoffer, elke sondoffer en elke oortredingsoffer wat hulle aan My sal bring, sal mees afgesonderd wees vir jou en jou seuns.

10. In ’n mees afgesonderde plek moet jy dit eet; almal wat manlik is, mag dit eet; afgesonder moet dit vir jou wees.

11. Hierdie is ook joune: die offers van hulle geskenke, al die waaioffers van die seuns van Yisra’el; Ek gee dit vir jou en jou seuns en jou dogters saam met jou, as ’n ewige instelling. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.

12. Al die beste van die olie, al die beste van die nuwe wyn en die graan, die eerste vrugte wat hulle aan יהוה gee, dit gee Ek aan jou.

13. Die eerste ryp vrugte van alles wat in hulle land is, wat hulle vir יהוה bring, moet joune wees. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.

14. Elke toegewyde ding in Yisra’el, sal joune wees.

15. Elke ding wat die baarmoeder open van enige vlees, mens of dier, wat hulle vir יהוה bring, moet joune wees, maar die eersgeborenes van mense moet jy loskoop om te bevry, asook die eersgeborenes van onrein diere moet jy loskoop.

16. Die losgekoopte goed moet jy vanaf ’n maand oud loskoop, volgens jou waardasie, vir vyf sikkels volgens die sikkel van die Afgesonderde plek, wat twintig gerah is,

17. maar die eersgeborene van ’n bees of die eersgeborene van ’n skaap of die eersgeborene van ’n bok moet jy nie loskoop nie; hulle is afgesonder. Hulle bloed moet jy sprinkel teen die altaar en hulle vet brand en in rook laat opgaan as ’n offer deur vuur, as ’n aangename geur tot יהוה.

18. Hulle vleis moet joune wees; soos die waaioffer se bors en die regterboud, dit moet joune wees.Kol 4:6 voor die Teenwoordigheid van יהוה, met jou en jou nageslag saam met jou.”

19. Al die offerandes, van die afgesonderde geskenke wat die seuns van Yisra’el aan יהוה offer, wat opgelig word, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ’n ewige instelling. Dit is ’n ewige verbond van sout,

20. יהוה het vir Aharon gesê: “Jy sal geen erfporsie in hulle land hê nie en jy sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en jou erfporsie onder die seuns van Yisra’el.

21. Let op, Ek gee aan die seuns van Levi al die tiendes in Yisra’el as erfporsie vir hulle dienswerk wat hulle doen, die dienswerk van die Tent van Ontmoeting.

22. Die seuns van Yisra’el moet ook nie weer naderkom na die Tent van Ontmoeting nie sodat hulle nie sonde op hulle laai en sterf nie,

23. maar die Leviete moet die dienswerk by die Tent van Ontmoeting doen en húlle moet hul boosheid dra. Dit is ’n ewige instelling deur julle geslagte, dat hulle geen erfporsie onder die seuns van Yisra’el het nie,

24. want die tiendes van die seuns van Yisra’el, wat hulle tot יהוה as offer oplig, gee Ek vir die Leviete as erfporsie; daarom het Ek vir hulle gesê: ‘Hulle sal onder die seuns van Yisra’el geen erfporsie hê nie’.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 18