Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 18:23-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. maar die Leviete moet die dienswerk by die Tent van Ontmoeting doen en húlle moet hul boosheid dra. Dit is ’n ewige instelling deur julle geslagte, dat hulle geen erfporsie onder die seuns van Yisra’el het nie,

24. want die tiendes van die seuns van Yisra’el, wat hulle tot יהוה as offer oplig, gee Ek vir die Leviete as erfporsie; daarom het Ek vir hulle gesê: ‘Hulle sal onder die seuns van Yisra’el geen erfporsie hê nie’.”

25. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

26. “Jy moet met die Leviete praat en vir hulle sê: ‘As julle van die seuns van Yisra’el die tiendes vat wat Ek vir julle van hulle af as jul erfporsie gegee het, moet julle daarvan ’n offer tot יהוה oplig, ’n tiende van die tiende.

27. Julle offer wat julle oplig sal vir julle gereken word asof dit die graan van die dorsvloer af is en soos die volle opbrengs van die parskuip.

28. Só moet julle ook ’n offer oplig tot יהוה van al julle tiendes wat julle van die seuns van Yisra’el ontvang en julle moet daarvan die offer wat julle oplig tot יהוה aan Aharon, die priester, gee.

29. Van al jul geskenke moet julle die hele opligoffer tot יהוה bring, van al die beste daarvan, die afgesonderde deel daarvan.’

30. Jy moet daarom vir hulle sê: ‘Wanneer julle die beste daarvan opgelig het, sal die res vir die Leviete gereken word as die opbrengs van die dorsvloer en as die opbrengs van die parskuip.

31. Julle mag dit op enige plek eet, julle en jul huise, want dit is julle beloning vir jul dienswerk by die Tent van Ontmoeting.

32. Julle sal geen sonde dra as gevolg daarvan, as julle die beste deel daarvan geoffer het nie en julle mag nie die afgesonderde geskenke van die seuns van Yisra’el onteer nie sodat julle nie sterf nie.’”

Lees volledige hoofstuk Numeri 18