Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 18:19-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Al die offerandes, van die afgesonderde geskenke wat die seuns van Yisra’el aan יהוה offer, wat opgelig word, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ’n ewige instelling. Dit is ’n ewige verbond van sout,

20. יהוה het vir Aharon gesê: “Jy sal geen erfporsie in hulle land hê nie en jy sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en jou erfporsie onder die seuns van Yisra’el.

21. Let op, Ek gee aan die seuns van Levi al die tiendes in Yisra’el as erfporsie vir hulle dienswerk wat hulle doen, die dienswerk van die Tent van Ontmoeting.

22. Die seuns van Yisra’el moet ook nie weer naderkom na die Tent van Ontmoeting nie sodat hulle nie sonde op hulle laai en sterf nie,

23. maar die Leviete moet die dienswerk by die Tent van Ontmoeting doen en húlle moet hul boosheid dra. Dit is ’n ewige instelling deur julle geslagte, dat hulle geen erfporsie onder die seuns van Yisra’el het nie,

24. want die tiendes van die seuns van Yisra’el, wat hulle tot יהוה as offer oplig, gee Ek vir die Leviete as erfporsie; daarom het Ek vir hulle gesê: ‘Hulle sal onder die seuns van Yisra’el geen erfporsie hê nie’.”

25. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

26. “Jy moet met die Leviete praat en vir hulle sê: ‘As julle van die seuns van Yisra’el die tiendes vat wat Ek vir julle van hulle af as jul erfporsie gegee het, moet julle daarvan ’n offer tot יהוה oplig, ’n tiende van die tiende.

27. Julle offer wat julle oplig sal vir julle gereken word asof dit die graan van die dorsvloer af is en soos die volle opbrengs van die parskuip.

28. Só moet julle ook ’n offer oplig tot יהוה van al julle tiendes wat julle van die seuns van Yisra’el ontvang en julle moet daarvan die offer wat julle oplig tot יהוה aan Aharon, die priester, gee.

29. Van al jul geskenke moet julle die hele opligoffer tot יהוה bring, van al die beste daarvan, die afgesonderde deel daarvan.’

30. Jy moet daarom vir hulle sê: ‘Wanneer julle die beste daarvan opgelig het, sal die res vir die Leviete gereken word as die opbrengs van die dorsvloer en as die opbrengs van die parskuip.

Lees volledige hoofstuk Numeri 18