Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 18:11-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Hierdie is ook joune: die offers van hulle geskenke, al die waaioffers van die seuns van Yisra’el; Ek gee dit vir jou en jou seuns en jou dogters saam met jou, as ’n ewige instelling. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.

12. Al die beste van die olie, al die beste van die nuwe wyn en die graan, die eerste vrugte wat hulle aan יהוה gee, dit gee Ek aan jou.

13. Die eerste ryp vrugte van alles wat in hulle land is, wat hulle vir יהוה bring, moet joune wees. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.

14. Elke toegewyde ding in Yisra’el, sal joune wees.

15. Elke ding wat die baarmoeder open van enige vlees, mens of dier, wat hulle vir יהוה bring, moet joune wees, maar die eersgeborenes van mense moet jy loskoop om te bevry, asook die eersgeborenes van onrein diere moet jy loskoop.

16. Die losgekoopte goed moet jy vanaf ’n maand oud loskoop, volgens jou waardasie, vir vyf sikkels volgens die sikkel van die Afgesonderde plek, wat twintig gerah is,

17. maar die eersgeborene van ’n bees of die eersgeborene van ’n skaap of die eersgeborene van ’n bok moet jy nie loskoop nie; hulle is afgesonder. Hulle bloed moet jy sprinkel teen die altaar en hulle vet brand en in rook laat opgaan as ’n offer deur vuur, as ’n aangename geur tot יהוה.

Lees volledige hoofstuk Numeri 18