Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 16:24-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. “Praat met die vergadering en sê: ‘Kom weg rondom die tente van Korag, Datan en Aviram!’ “

25. Moshe het opgestaan en na Datan en Aviram gegaan en die oudstes van Yisra’el het hom gevolg.2 Tim 2:19

26. Hy het met die vergadering gepraat en gesê: “Gaan nou weg van die tente van hierdie bose oortreders en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, anders sal julle in al hulle sondes weggesleep word.”

27. Hulle het weggegaan rondom die tente van Korag, Datan en Aviram, maar Datan en Aviram het uitgekom en by die deur van hulle tente gaan staan saam met hulle vroue, seuns en klein kinders.

28. Moshe het gesê: “Hieraan sal julle weet dat יהוה my gestuur het om al hierdie werke te doen, want ek het hulle nie uit my eie gedoen nie:

29. as hierdie mense sterf soos alle mense of met die besoeking van alle mense besoek word, dan het יהוה my nie gestuur nie,

30. maar as יהוה iets nuuts skep en die grond sy mond oopmaak en hulle insluk met alles wat aan hulle behoort en hulle lewendig na Sh’ol afgaan, dan sal julle verstaan dat hierdie manne יהוה verwerp het.”

31. Dit het gebeur dat toe hy al hierdie woorde klaar gepraat het, die grond wat onder hulle was oopskeur

32. en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle ingesluk saam met hul huisgesinne en al die mense wat saam met Korag was en al hulle besittings.

Lees volledige hoofstuk Numeri 16