Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 16:1-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Korag, die seun van Yitz’har, die seun van K’hat, die seun van Levi, saam met Datan en Aviram, seuns van Eli’av, met On, die seun van Pelet, seuns van Re’uven, het aksie geneem

2. en hulle het opgestaan voor Moshe, saam met sommige van die seuns van Yisra’el, twee honderd en vyftig leiers van die vergadering, verteenwoordigers, manne van naam.

3. Hulle het bymekaargekom teen Moshe en Aharon en vir hulle gesê: “Julle het ver genoeg gegaan, want die hele vergadering is afgesonderd, elke een van hulle en יהוה is tussen hulle! Waarom verhoog julle julself bo die vergadering van יהוה?”

4. Toe Moshe dit hoor, het hy op sy gesig neergeval2 Tim 2:19 en wie afgesonder is en Hy sal hom laat naderkom na Hom. Die een wat Hy kies, sal Hy laat naderkom na Hom toe.

5. en hy het met Korag en sy hele groep gepraat en gesê: “Môre-oggend sal יהוה wys wie Syne is

6. Doen dit: neem vir julle vuurpanne, Korag en julle hele groep,

7. gooi vuur in hulle en lê reukwerk daarop voor die Teenwoordigheid van יהוה; dan sal dit wees dat die een wat יהוה kies, die afgesonderde sal wees. Julle het ver genoeg gegaan, julle seuns van Levi!”

8. Moshe het vir Korag gesê: “Luister nou, julle seuns van Levi!

9. Is dit nie genoeg vir julle dat die God van Yisra’el julle afgesonder het uit die vergadering van Yisra’el om julle nader na Hom te laat kom, om die werk van יהוה se tabernakel te doen en voor die vergadering te staan om hulle te dien nie

10. en dat Hy jou nader aan Homself laat kom het, jy en al jou broers, die seuns van Levi, saam met jou nie? Begeer jy nou ook die priestersamp?

11. Om hierdie rede is jy en jou hele groep saam teen יהוה vergader; wat is Aharon dat julle teen hom kla?”

12. Moshe het gestuur om Datan en Aviram, die seuns van Eli’av, te laat roep, maar hulle het gesê: “Ons sal nie opkom nie.

13. Is dit nie genoeg dat jy ons uit ’n land wat vloei met melk en heuning laat opkom het om ons in die wildernis te laat doodgaan nie, maar jy wil ook baas speel oor ons?

14. Meer nog, jy het ons nie gebring in ’n land wat vloei met melk en heuning en vir ons geen lande en wingerde as erfdeel gegee nie. Wil jy die oë van hierdie manne uitgrou? Ons sal nie opkom nie.”

15. Moshe was baie kwaad en het vir יהוה gesê: “Respekteer nie hulle offer nie. Ek het nie een donkie van hulle gevat en nie enige een van hulle skade aangedoen nie.”

16. Moshe het vir Korag gesê: “Jy en jou hele groep, sorg dat julle môre voor die Teenwoordigheid van יהוה is, jy en hulle en Aharon

Lees volledige hoofstuk Numeri 16