Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 15:35-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

35. יהוה sê vir Moshe: “Die man moet tot die dood tereggestel word; die hele vergadering moet hom buitekant die kamp met klippe stenig;”

36. daarom, soos יהוה Moshe beveel het, het die hele vergadering hom buitekant die kamp uitgebring en hom met klippe gestenig tot hy dood is.

37. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:Deut 22:12; Mat 9:20; Mat 23:5

38. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle, hulle moet vir hulle tossels maak aan die some van hul bo-klere, deur al hulle geslagte heen en hulle moet aan die tossel van elke soom ’n tou van blou stof vasbind.

39. Die tossels sal wees sodat julle daarna kan kyk en al die opdragte van יהוה onthou en dit doen en nie agter dit aangaan waarna julle hart en jul oë aan hoereer nie

40. sodat julle kan onthou om al My opdragte te doen en vir julle God afgesonder te wees.

41. Ek is יהוה, julle God, wat julle uit Mitzrayim uitgebring het om vir julle ’n God te wees. Ek is יהוה, julle God.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 15