Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 15:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘As julle in die land kom waar julle moet bly, wat Ek vir julle gee

3. en julle ’n offer deur vuur tot יהוה wil bring, ’n brandoffer of ’n offerande om ’n belofte te vervul, of as ’n vrywillige offer of by julle vasgestelde tye, om vir יהוה ’n aangename geur te bring, van beeste of van kleinvee,

4. dan moet die een wat sy offer aan יהוה bring, ’n tiende van ’n efa fyn meel, gemeng met ’n kwart hin olie, as graanoffer bring

5. en ’n kwart hin wyn as ’n drankoffer. Dit moet vir elke lam by die brandoffer of vir die offer voorberei word.

6. Of, vir ’n ram moet jy twee-tiendes van ’n efa fyn meel, met ’n derde van ’n hin olie gemeng, as graanoffer voorberei

7. en ’n derde van ’n hin wyn moet jy as aangename geur tot יהוה bring vir die drankoffer.

8. As jy ’n bul as brandoffer bring of ’n offer voorberei om ’n spesiale belofte te vervul, of as vredesoffer tot יהוה,

9. moet jy by die bul drie-tiendes van ’n efa fyn meel met ’n half hin olie gemeng, as graanoffer bring.

10. Vir die drankoffer moet jy ’n half hin wyn bring, as ’n offer, deur vuur, met ’n aangename geur tot יהוה.

11. So moet gedoen word vir elke bees of ram of by ’n lam van die skape of die bokke.

12. Volgens die aantal wat julle voorberei, so moet julle doen by elkeen volgens die hoeveelheid.

Lees volledige hoofstuk Numeri 15