Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 14:34-45 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

34. Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul skuld dra, veertig jaar lank en julle sal My onttrekking ken.

35. Ek, יהוה, het gepraat, Ek sal dit waarlik doen aan hierdie hele bose vergadering wat teen My bymekaargekom het. Hulle sal in hierdie wildernis verteer word en daar sterf.”

36. Die manne wat Moshe gestuur het om die land te verken en wat ná hulle terugkoms die hele vergadering teen hom laat kla het deur ’n slegte verslag aangaande die land te versprei,

37. die manne wat ’n slegte verslag aangaande die land versprei het, het gesterf deur ’n plaag, voor יהוה,

38. maar van dié manne wat die land gaan verken het, het Y’hoshua, die seun van Nun en Kalev, die seun van Y’funneh, lewend gebly.

39. Moshe het hierdie woorde aan al die seuns van Yisra’el gesê en die volk het baie getreur

40. en die oggend vroeg opgestaan en opgegaan na die top van die berg en gesê: “Hier is ons en ons sal opgaan na die plek wat יהוה belowe het, want ons het gesondig.”

41. Moshe het gesê: “Waarom oortree julle die opdrag van יהוה, want dit sal nie voorspoedig wees nie?

42. Moenie optrek nie sodat julle nie voor julle vyande verslaan word nie, want יהוה is nie tussen julle nie,

43. want die `Amalekiete en die Kena’aniete is daar voor julle en julle sal deur die swaard val, want julle het van יהוה af weggedraai; יהוה is nie by julle nie!”

44. Nogtans het hulle in vermetelheid opgegaan na die top van die berg, maar die verbondsark van יהוה en Moshe het nie uit die kamp uitgegaan nie.

45. Die `Amalekiete en die Kena’aniete wat in dié berge gebly het, het afgekom en hulle verslaan en hulle verstrooi tot by Hormah.

Lees volledige hoofstuk Numeri 14