Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 14:28-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. Sê vir hulle: ‘So waar as Ek leef, sê יהוה, net soos julle voor My ore gepraat het, so sal Ek aan julle doen.

29. Die lyke van julle wat teen My gekla het sal in hierdie wildernis val, almal van julle wat getel is, volgens julle hele getal, van twintig jaar oud en ouer.

30. Behalwe vir Kalev, die seun van Y’funneh en Y’hoshua, die seun van Nun, sal julle geensins in die land kom waaroor Ek My hand opgelig en met ’n eed beloof het om julle daarin te laat woon nie,

31. maar julle kinders waarvan julle gesê het: ‘Hulle sal buit word,’ dié sal Ek inbring en dié sal die land ken wat julle verwerp het,

32. maar júlle lyke sal in hierdie wildernis val.

33. Julle seuns sal herders wees in die wildernis, veertig jaar lank en ly vir julle ontrouheid totdat julle lyke in die wildernis lê.Hand 13:18

34. Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul skuld dra, veertig jaar lank en julle sal My onttrekking ken.

35. Ek, יהוה, het gepraat, Ek sal dit waarlik doen aan hierdie hele bose vergadering wat teen My bymekaargekom het. Hulle sal in hierdie wildernis verteer word en daar sterf.”

36. Die manne wat Moshe gestuur het om die land te verken en wat ná hulle terugkoms die hele vergadering teen hom laat kla het deur ’n slegte verslag aangaande die land te versprei,

37. die manne wat ’n slegte verslag aangaande die land versprei het, het gesterf deur ’n plaag, voor יהוה,

38. maar van dié manne wat die land gaan verken het, het Y’hoshua, die seun van Nun en Kalev, die seun van Y’funneh, lewend gebly.

Lees volledige hoofstuk Numeri 14