Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 14:24-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. maar My dienskneg Kalev omdat hy ’n ander Gees in hom het en hy My ten volle gevolg het, hom sal Ek bring in die land waarin hy gegaan het en sy nageslag sal dit in besit neem.

25. Die `Amalekiete en die Kena’aniete woon nou in die valleie, draai môre weg en gaan die wildernis in, op pad na die see van Suf.”

26. יהוה het met Moshe en Aharon gepraat en gesê:

27. “Hoe lank sal Ek hierdie bose vergadering verdra wat teen My kla? Ek het die murmureringe van die seuns van Yisra’el gehoor waarmee hulle teen My bly kla.

28. Sê vir hulle: ‘So waar as Ek leef, sê יהוה, net soos julle voor My ore gepraat het, so sal Ek aan julle doen.

29. Die lyke van julle wat teen My gekla het sal in hierdie wildernis val, almal van julle wat getel is, volgens julle hele getal, van twintig jaar oud en ouer.

30. Behalwe vir Kalev, die seun van Y’funneh en Y’hoshua, die seun van Nun, sal julle geensins in die land kom waaroor Ek My hand opgelig en met ’n eed beloof het om julle daarin te laat woon nie,

31. maar julle kinders waarvan julle gesê het: ‘Hulle sal buit word,’ dié sal Ek inbring en dié sal die land ken wat julle verwerp het,

32. maar júlle lyke sal in hierdie wildernis val.

33. Julle seuns sal herders wees in die wildernis, veertig jaar lank en ly vir julle ontrouheid totdat julle lyke in die wildernis lê.Hand 13:18

34. Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul skuld dra, veertig jaar lank en julle sal My onttrekking ken.

Lees volledige hoofstuk Numeri 14