Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 14:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die hele vergadering het hulle stemme opgelig en die volk het dié nag gehuil.

2. Al die seuns van Yisra’el het gekla teen Moshe en Aharon en die hele vergadering het vir hulle gesê: “O, as ons maar in Mitzrayim gesterf het! Of as ons maar hier in die woestyn gesterf het!

3. Waarom bring יהוה ons na hierdie land om deur die swaard te val sodat ons vroue en kinders buit sal word. Sal dit nie vir ons beter wees om na Mitzrayim terug te gaan nie?”

4. Hulle het vir mekaar gesê: “Laat ons ’n leier aanstel en na Mitzrayim teruggaan.”

5. Toe het Moshe en Aharon op hulle gesigte neergeval voor die hele vergadering van die byeenkoms van die seuns van Yisra’el.

6. Y’hoshua, die seun van Nun en Kalev, die seun van Y’funneh, twee van dié wat die land verken het, het hulle klere geskeur

7. en met die hele vergadering van die seuns van Yisra’el gepraat en gesê: “Die land waardeur ons gegaan het om dit te verken, is ’n uitsonderlike goeie land.

8. As יהוה tevrede is met ons, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, ’n land wat vloei met melk en heuning.

9. Moet net nie teen יהוה rebelleer nie en moenie bang wees vir die mense van die land nie, want hulle sal ons prooi wees. Hulle beskerming is van hulle verwyder en יהוה is met ons. Moenie vir hulle bang wees nie!”

Lees volledige hoofstuk Numeri 14