Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 12:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Miryam en Aharon het teen Moshe gepraat vanweë die Kushietiese vrou wat hy getrou het, want hy het ’n Kushietiese vrou getrou

2. en hulle het gesê: “Het יהוה werklik alleen deur Moshe gepraat? Het Hy nie ook deur ons gepraat nie?” יהוה het dit gehoor.

3. Nou, die man Moshe, was baie nederig, meer as al die mense op die oppervlakte van die aarde.

4. יהוה het skielik vir Moshe, Aharon en Miryam gesê: “Kom uit, julle drie, na die Tent van Ontmoeting.” Die drie het uitgekom.

5. יהוה het in die wolkkolom afgekom en by die deur van die Tent gaan staan en vir Aharon en Miryam geroep. Toe hulle twee vorentoe gegaan het,

6. sê Hy: “Hoor nou My woorde: as daar ’n profeet tussen julle is, openbaar Ek, יהוה, Myself aan hom deur ’n visioen; Ek praat met hom deur ’n droom.

7. Dit is nie so met My dienskneg Moshe nie: hy is getrou in My hele huis.Heb 3:2

Lees volledige hoofstuk Numeri 12