Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 10:1-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Maak vir jou twee silwer trompette; van slaanwerk moet jy dit maak. Hulle sal wees om die vergadering byeen te roep en om die kampe te laat opbreek.

3. Wanneer albei geblaas word, moet die hele vergadering by jou bymekaarkom, by die ingang van die Tent van Ontmoeting

4. en as hulle op een blaas, moet die leiers, die hoofde van die afdelings van Yisra’el, by jou bymekaarkom.

5. Wanneer julle die alarm blaas, moet die kampe opbreek wat aan die oostekant staan.

6. Wanneer julle die tweede keer die alarm blaas, moet die kampe opbreek wat aan die suidekant staan. Die alarm moet vir hulle geblaas word om op te breek.

7. Wanneer die vergadering bymekaar moet kom, moet julle blaas, maar nie alarm maak nie.

8. Die seuns van Aharon, die priesters, moet die trompette blaas en dié moet vir julle ’n ewige instelling in al julle geslagte wees.

9. Wanneer julle in jul land in oorlog kom teen die vyand wat julle aanval, moet julle met die trompette ’n alarm blaas; dan sal julle onthou word voor יהוה, julle God en julle sal van jul vyande verlos word.

10. Ook op die dag van julle oorweldigende blydskap, op julle vasgestelde feeste en by die begin van julle maande moet julle die trompette blaas oor jul brandoffers en oor die offerandes van julle vredesoffers: hulle sal ’n herinnering wees vir julle voor julle God. Ek is יהוה, julle God.”

11. Dit het gebeur dat op die twintigste van die maand, in die tweede maand, in die tweede jaar, die wolk opgelig is van die tabernakel van die Getuienis af

12. en die seuns van Yisra’el het weggetrek uit die wildernis van Sinai op hulle reise en die wolk het tot rus gekom in die wildernis van Pa’ran.

13. So het hulle dan die eerste keer weggetrek volgens die opdrag van יהוה, deur die hand van Moshe.

14. Die banier van die kamp van die seuns van Y’hudah, volgens hulle leërafdelings het eerste weggetrek, met Nagshon, die seun van `Amminadav, oor sy leërafdeling.

15. Oor die leërafdeling van die stam van die seuns van Yissakhar was N’tan’el, die seun van Tzu’ar.

16. Oor die leërafdeling van die stam van die seuns van Z’vulun was Eli’av, die seun van Helon.

Lees volledige hoofstuk Numeri 10