Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 9:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Op die vier en twintigste dag van hierdie maand het die seuns van Yisra’el vergader en gevas in rouklere en met grond op hulle koppe

2. en die seuns van Yisra’el het hulleself afgesonder van al die ander nasies en het gestaan en hulle sondes erken en die sondes van hulle vaders.

3. Hulle het op hulle plekke opgestaan en vir ’n kwart deel van die dag gelees uit die wetboek van יהוה, hulle God en nog ’n kwart deel van die dag erkenning gedoen en יהוה, hulle God, aanbid.

4. Toe het die leiers van die Leviete: Yeshua, Kadmi’el, Bani, Hashavn’yah, Sherevyah, Hodiyah, Sh’vanyah en P’tagyah opgestaan en met ’n harde stem voor יהוה, hulle God, gebid.

5. Die Leviete: Yeshua, Kadmi’el, Bani, Hashavn’yah, Sherevyah, Hodiyah, Sh’vanyah en P’tagyah het gesê: “Staan op en praat goed van יהוה, julle God, vir ewig en ewig en geseënd is U wonderlike Naam (Karakter en Outoriteit), wat verhewe is bo alle skepping en lofprysing!Ps 146:6-7; Open 10:6

Lees volledige hoofstuk Negemyah 9