Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 6:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Sanvallat, Toviyah en Geshem, die Arabier en ons ander vyande die nuus hoor dat ek die muur gebou het en dat daar geen opening in oorgebly het nie, alhoewel ons in dié tyd nog nie die deure in die poorte gesit het nie,

2. het Sanvallat en Geshem na my gestuur en gesê: “Kom laat ons bymekaarkom as ’n groep in die vlakte van Ono,” maar hulle het gedink om my kwaad aan te doen.

3. Ek het ’n boodskapper na hulle gestuur om te sê: “Ek doen ’n groot werk sodat ek nie kan afkom nie, anders gaan die werk staan as ek dit verlaat om na julle toe te kom.”

4. Hulle het egter vier keer op dié manier na my toe gestuur en ek het hulle op dieselfde manier geantwoord.

5. Toe stuur Sanvallat sy dienskneg op dieselfde manier na my toe vir die vyfde keer met ’n brief in sy hand.

6. Waarin geskryf was: “Dit word rapporteer onder die nasies en Geshem sê dit, dat jy en die Y’hudahiete daaraan dink om te rebelleer; dit is waarom jy die muur bou sodat jy hulle koning kan wees, volgens hierdie woorde.

7. Jy het ook profete aangestel om oor jou in Yerushalayim te profeteer en te sê: ‘Let op, daar is ’n koning in Y’hudah!’ Nou sal dit aan die koning rapporteer word volgens hierdie woorde. Kom nou en laat ons saam beraadslaag!”

8. Toe het ek vir hom gestuur en gesê: “Daar is geen waarheid in die woorde wat jy praat nie; jy praat hulle uit jou eie verstand, wil en emosie,”

9. want hulle almal wou ons bang maak en het gesê: “Hulle hande sal swak word van die werk.” Hulle sê ook vir ons: “Moenie die werk doen nie.” O God, versterk daarom nou my hande!

10. Toe het ek in die huis van Sh’ma’yah, die seun van D’layah, die seun van M’heitav’el gegaan, wat my van werk verhinder het en hy sê vir my: “Laat ons ontmoet in die huis van God, binne-in die tempel en laat ons die deure van die tempel toesluit, want hulle kom om u dood te maak, ja, hulle kom in die nag om u dood te maak.”

11. Ek het gesê: “Sal ek, na mense soos jy, vlug? Dit is verwerplik dat ek sou vlug en in die tempel ingaan.”

Lees volledige hoofstuk Negemyah 6