Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 3:23-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Ná hulle het Binyamin en Hashuv, oorkant hulle huis, reggemaak. Ná hulle het `Azaryah, die seun van Ma’aseiyah, die seun van `Ananyah, agter sy huis reggemaak.

24. Ná hom het Binui, die seun van Henadad, nog ’n stuk reggemaak, vanaf die huis van `Azaryah tot by die draai van die muur, tot by die hoek.

25. Oorkant die hoek het Palal, die seun van Uzai, tot by die draai van die muur en so ver as die toring van die Vlakte wat by die boonste deel van die huis van die koning uitsteek, tot by die hof van die tronk, reggemaak. Ná hom het P’dayah, die seun van Par’osh, reggemaak.

26. Verder het die tempelknegte, wat in `Ofel gebly het, reggemaak tot by die Waterpoort, aan die ooste en die toring wat aan die einde lê.

27. Ná hulle het die Tekoïete ’n ander seksie reggemaak oorkant die groot toring wat aan die einde lê en sover as die groot muur.

28. Die priesters het reggemaak vanaf die ingang van die Perdepoort, elkeen oorkant sy eie huis.

29. Ná hulle het Tzadok, die seun van Immer, oorkant sy eie huis reggemaak. Ná hom het Sh’ma’yah, die seun van Sh’khanyah, die bewaker van die Oospoort, reggemaak.

30. Ná hom het Hananyah, die seun van Shelemyah en Hanun, die sesde seun van Tzalaf, nog ’n seksie reggemaak. Na hom het Meshullam, die seun van Berekhyah, ’n ander seksie reggemaak.

31. Ná hom het Malkiyah, een van die goudsmede, reggemaak tot by die huis van die tempelknegte en die handelaars in kruie-medisyne.

32. Oorkant die poort aan die verste end en sover as die afgaan van die hoek wat draai na die Skaapspoort, het die goudsmede en die handelaars in spesery-medisyne reggemaak.

Lees volledige hoofstuk Negemyah 3