Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 3:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Elyashiv, die hoofpriester, saam met sy broers, die priesters, opgestaan en die Skaapspoort gebou; hulle het sy deure ingesit en dit afgesonder, so ver as die toring van die Honderd en hulle het dit afgesonder tot by die toring van Hanan’el.

2. Langs hom het die manne van Yerigo gebou en langs hulle het Zakur, die seun van Imri, gebou,

3. maar die Vispoort het die seuns van S’na’ah gebou, wat ook sy balke en sy sy-deure, sy sluitbalke en sy grendels opgestel het.

4. Langs hulle het M’remot, die seun van Uriyah, die seun van Hakkotz, reggemaak. Langs hulle het Meshullam, die seun van Berekhyah, die seun van Mesheizav’el, reggemaak en langs hulle het Tzadok, die seun van Ba’ana, reggemaak.

5. Langs hulle het die Tekoïete reggemaak, maar hulle leiers het hulleself nie belas met die werk van hulle Meester nie.

6. Die Tweede (Ou)poort is deur Yoyada, die seun van Paseag en Meshullam, die seun van B’sodyah, reggemaak; hulle het ook die balke daarvan gelê en sy deure en sy sluitbalke en sy grendels ingesit.

7. Langs hulle het M’latyah, die Giv’oniet, Yadon, die Meronotiet, die manne van Giv’on en Mitzpah reggemaak. Hulle het ook ’n troon vir die goewerneur van die gebied wes van die Eufraat gemaak.

Lees volledige hoofstuk Negemyah 3