Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 13:27-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. en dit is aan julle bekendgemaak en tog het julle hierdie groot boosheid gedoen om te oortree teen ons God deur vreemde vroue te trou.”

28. Een van die seuns van Yoyada, die seun van Elyashiv, die hoofpriester, was ’n skoonseun van Sanvallat, die Horoniet; daarom het ek hom van my af weggejaag.

29. Onthou my, o my God, aangaande hulle wat oorgebly het van die priesterdom en die verbond van die priesters en die Leviete.

30. So het ek hulle gereinig van al die ander nasies en hulle in hulle dienswerk aangestel, beide die priesters en die Leviete, elkeen in sy werk,

31. asook om die geskenk offers en die afgesonderde dinge in hulle vasgestelde tye te bring en vir die feeste en vir die eerstevrugte. Onthou my, o my God, ten goede!

Lees volledige hoofstuk Negemyah 13